Die skoolmodel is gebaseer op die Kurrikulum en Assesseringsbeleidsverklaring (CAPS) en word in Afrikaans aangebied.
Lewensoriëntering met Bybelse beginsels
HaMaKom het ‘n groot passie om lewensoriëntering met sterk Woord Beginsels in die kinders se lewens aan te wakker. Weekliks bespreek ons aktuele onderwerpe soos:
- Verhoudings
- Vriendskapsbande
- Grense
- Selfbeeld en selfvertroue
- Selfbeheersing
- Groepsdruk
- Afknouers (Boelies)
- Gesagsaanvaarding
Vakkeuses Graad 10-12
Groep 1: Verpligte vakke.
Groep 2: Kies Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid.
Groep 3: Kies 3 vakke – een uit elke groep 3.1, 3.2, 3.3.
Groep | Vakke |
1 | Afrikaans Huistaal Engels Eerste Addisionele Taal Lewensorientering |
2 | Wiskunde |
Wiskunde Geletterdheid | |
Kies een vak uit elke groep vir 3.1 en 3.2 en 3.3 | |
3.1 | Fisiese Wetenskappe ( Moet Wiskunde saam neem ) |
Verbruikerstudies | |
Besigheidstudies | |
3.2 | Lewenswetenskappe |
Toerisme | |
Rekeningkunde | |
3.3 | RTT |
Geografie | |
Visuele Kuns |
Neem asseblief kennis van die volgende:
- Vakkombinasies hang af van klasgroottes, rooster bepalings en beskikbaarheid van personeel. Dit is nie ‘n gegewe dat bogenoemde opsies gaan realiseer nie.
- ‘n Graad 10 leerder kan maksimum van twee vakveranderings maak voor 30 Junie van die akademiese jaar.
- ‘n Graad 11 leerder kan maksimum van twee vakveranderings maak voor 31 Maart van die akademiese jaar.
- Geen vakveranderings mag in Graad 12 gemaak word nie.
BELANGRIK:
HaMaKom is ‘n Onafhanklike Privaatskool (kry geen staatsubsidie nie)
Die Gr. 12 – Nasionale Senior Sertifikaat vorm deel van Umalusi Akkreditasie en stel jou kind in staat om universiteitsvrystelling te kry.