012 940 3952 / 066 411 0909 inligting@hamakomps.co.za

Ons Personeel

Jou kind. Ons passie!

Frederick Laesecke

Titel: H/S Hoof Vakgebied: Wiskundige Geletterdheid Graad 10

Waarom HaMaKom?

Die Here lei mens tot Sy wil en eer na elke plek om voetspore in mense se stukkie aarde en harte na te laat.

Die oomblik wat jy daar arriveer met jou sakkie vol kennis, weet jy nie altyd hoekom jy presies daarheen op die lewenspadkaart gelei is nie, maar wel dat God jou reis sal seën en beskerm.

Dit is vir my ń voorreg om deel uit te maak van die HaMaKom familie.

Lezl Möller

Titel: L/S Hoof  Vakgebied: Skeppende Kuns Graad 7-9

Waarom HaMaKom?
Hier by HaMakom is daar tyd vir mekaar, tyd vir elke kind in klein klassies en tyd om die Here se naam groot te maak. Daarom is daar tyd vir leer en tyd vir omgee. Hier kan ons droom en werk in ons taal. Wat ‘n voorreg!!!
Konri Grundling

Titel: Fasehoof graad 10-12

Vakgebied:
Fisiese Wetenskap
Graad 11-12
Wiskunde Graad 10 – 11

Waarom HaMaKom?
Jeremia 29:11 “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!”
Ons gesin se pad is oopgemaak na Brits toe en myne na HaMakom toe. Met die kleiner klasse en familie atmosfeer glo ek dat die Here my weereens geplaas het waar ek sal kan floreer en die leerlinge sal kan help om te besef dat daar vir hul ‘n toekoms is.
Annelize du Plessis
Titel: Fasehoof Graad 4-6 Vakgebied:
Toerisme Graad 10-12
Lewensoriëring Graad 12

Sosiale Wetenskappe Graad 7-9
Waarom HaMaKom?
Wat maak HaMakom so spesiaal?
Hul bied vir elke leerder sy unieke plek tot voorbereiding vir hul toekoms, met goeie Bybelse riglyne.
Hoekom…
Omdat ek weet dat ek kan bydra tot die verskil wat HaMakom in soveel leerders se lewens maak en dit vir my ‘n voorreg om deel te wees daarvan.
Esthea de Bruyn

Title: Fasehoof Gr 4-7 Vakgebied: Wiskunde Graad 4-6

Waarom HaMaKom?
Annelie Bosman
Titel: Fasehoof Graad R-3 Vakgebied: Graad 2
Waarom HaMaKom?
Job 31:4 “God hou my paaie dop en tel elke tree wat ek gee.”
Ek glo vas dit is die rede hoekom ek die voorreg het om by HaMaKom te wees. Ek sien met verwagting uit na elke tree wat Hy vir my by HaMaKom beplan. Mag ek die wysheid, insig en kennis ontvang om daagliks ‘n verskil in elke kind wat oor my pad gestuur word te maak.
Ilechia van Zyl
Vakgebied:
Graad R
Waarom HaMaKom?
Ons skool behoort aan ons Hemelse Vader, daarom is dit ‘n skool van rustigheid, vrede en vreugde waar elke leerder sy of haar loopbaan kan begin. Daar is ‘n geleentheid om te groei vir elkeen. HaMaKom is ‘n skool met sterk waardes vir opvoeding, leierskap en leiding aan elke eerder.
Marisu Grobler
Titel:
Grondslagfase assistent
Waarom HaMaKom?
Die plek wat God instruksies sal gee. Ek glo die Here het die pad na HaMakom aan my gewys.
By HaMakom, met sy Christelike onderrig, kan ek my Christelike waardes na hartelus uitleef. My passie vir onderwys en kinders kan in kleiner klasse lewe kry en ek hoop om ‘n verskil in meer as een kind se lewe te maak. Ek kom uit ‘n baie hegte gesin en die familie atmosfeer sal my soos ‘n handskoen pas. Ek sal God se instruksie aan my deur HaMakom uitleef.
Lizette Jonker
Vakgebied: LV Graad 4-5
NW Graad 4-6
SW Graad 4-6
Waarom HaMaKom?
Veilig onder God se beskermende hand! Een van die eerste waarwordings wat ek aanvanklik as ‘n ouer van HaMakom gehad het… Dit het die saadjie geplant van ‘n droom om deel van hierdie besonderse omgewing te wees. Die wete dat elkeen op hierdie terrein gekoester en toegevou word in ons Skepper se liefde, het my veilig laat voel vir die nuwe uitdagings in my lewe. Dit was sigbaar hoe HaMakom menige leerders se lewens positief verander. My roeping is ongetwyfeld om te onderrig en hulp te verleen aan ons kosbare kinders wat midde die uitdagings van hedendaagse lewe ‘n toekoms vir hulself moet vind. HaMakom bied die geleentheid vir leerders, ouers en onderwysers om as ‘n span in hierdie doel te groei en sover moontlik hul potensiaal optimaal te bereik. Vandag is ek dankbaar om deel te wees van hierdie span!
Annelie de Beer
Vakgebied: Afrikaans HT Graad 4-7
Waarom HaMaKom?
Die begeerte in my hart om ‘n verskil te maak in kinders se lewens en God se groter plan het my na HaMaKom gebring. Uniek as skool is HaMaKom beslis. Kleiner klasse maak dit moontlik om elke leerder in totaliteit RAAK te sien. Die atmosfeer, samewerking en omgee is opvallend en om veilig te voel en te weet God is in beheer.
Linda Byleveld
Vakgebied:
Engels EAT Graad 4-7
Waarom HaMaKom?
By HaMakom is God in beheer. Dit is nie slegs ‘n plek van onderrig nie, maar ook van vrede, vreugde en rustigheid. Hier kry leerders die geleentheid om in totaliteit te ontwikkel, deurdat die passievolle, geroepe personeel hul op vele gebiede vergesel op die pad na optimale ontwikkeling. Dit is vir my ‘n voorreg om deel te wees van HaMakom!
Wilrich Lightfoot

Vakgebied: 


Tegnologie Graad 7
Digitale Teg Graad 8-9
RTT Graad 10-12
LO Teorie Graad 7

Waarom HaMaKom?
Coming soon!
Jaco Jacobs

NW Graad 7-9
Lewenswetenskappe Graad 10-12
LO Graad 9

Waarom HaMaKom?
HaMakom bied aan my die geleentheid om in my beroep te ontwikkel en groei. Ek strewe daarna om kwaliteit onderrig in my vakgebied by HaMakom te implementeer en aan te hou groei.
Rechaen van Greunen

Vakgebied:
Verbruikerstudies Graad 10-12
Engels EAT graad 8-9 LO graad 11-12

Waarom HaMaKom?
Die skool waar die Here heers!!! In ‘n donker wêreld, ‘n lig skyn van liefde en omgee, vir elke leerder wat by HaMaKom se hekkie instap. Dit is ‘n voorreg om deel te wees van die skool wat soveel liefde gee en ‘n lig vir die wêreld is.
Sandri Coetsee

Vakgebied:
Besigheidstudies graad 10-12
EBW graad 7-9 LO graad 8

Waarom HaMaKom?
Die skool waar die Here heers!!! In ‘n donker wêreld, ‘n lig skyn van liefde en omgee, vir elke leerder wat by HaMaKom se hekkie instap. Dit is ‘n voorreg om deel te wees van die skool wat soveel liefde gee en ‘n lig vir die wêreld is.
Alexandra dos Ramos

Vakgebied:
Engels EAT Graad 10-12
Toerisme Graad 10-12

Waarom HaMaKom?
‘n Skool uniek aan sy familie atmosfeer. Dit is ‘n veilige tuiste en werksplek wat op Christelike waardes gebou is. 

Hier gee God instruksie aan hoe om tot die eer van Sy naam en tot voordeel van Sy Koninkryk te werk te gaan.

Jaconé Bester
Vakgebied:
Afrikaans HT Graad 8-12
Waarom HaMaKom?

“Die plek waar God jou instruksie sal gee.” Dit is die kern van enige van my besluite; God. 

My hele hart is om te lei en bedien. Dit is hier dat God se kennis my roep om die jonger generasie te kweek en lei in ‘n wereld waar mens soms gebroke en jejaagd leef.

Sade Ebersohn

Titel: Finansiele assistent

Waarom HaMaKom?

“Die plek waar God jou instruksie sal gee.” Dit is die kern van enige van my besluite; God. 

My hele hart is om te lei en bedien. Dit is hier dat God se kennis my roep om die jonger generasie te kweek en lei in ‘n wereld waar mens soms gebroke en jejaagd leef.

Louise Desmore
Titel: Laerskool Ontvangs Dame / Snoepie Bestuurder
Waarom HaMaKom?
Hier word geleentheid gebied om kinders te kan bedien, met ‘n vrolike, veilige omgewing en God as leidsman. Respek vir mekaar en die familie-atmosfeer, maak Hamakom Privaatskool ‘n lekker omgewing om te wil wees. Hierdie het ek ervaar as ouer en nou ook as werknemer. Spreuke 22:6 “Leer ‘n kind vroeg hoe om te leef en hy sal tot sy ouddag toe reg leef.” Wat ‘n voorreg om deel te wees, om ‘n verskil in ons kinders se lewe te kan maak!
Tersea Palm

Titel:
Finansiële Beampte en H/S sekretaresse

Waarom HaMaKom?
Ek glo ek is na HaMakom gestuur met ‘n groter doel. God het ‘n plan vir my gehad en dit het gelei na HaMakom.
HaMakom is ‘n plek waar kinders, ouers en personeel Sy teenwoordigheid kan voel en ervaar, asook die beskerming van Sy liefde.
Mense wat net omgee, lief het en dit waar God die Leidsman is.
Dit is vir my ‘n nuwe begin met nuwe uitdagings en ervarings, maar met God as my Kompas en Padkaart en personeel wat Hom as Anker gebruik, glo ek dat ek wel ‘n verskil sal maak.
Geseënd is ek om nou deel van so wonderlike span passievolle mense te wees!!