012 940 3952 / 066 411 0909 inligting@hamakomps.co.za

Kantoorure

Maandae tot Vrydae 07:00-15:00

Welkom Terug Hammies!!!

15 Januarie 2025

Interhuis 2025

17 Januarie 2025

HaMaKom is ‘n

onafhanklike privaatskool

waar onderrig in

Afrikaans

plaasvind.

Ons skep ‘n veilige en gesonde atmosfeer waar jy kan kind wees en groei tot volwassene binne in ‘n beskermde omgewing.
Kleiner Klasse

Christelike Onderrig

Familie Atmosfeer

HaMaKom se Skoolmodel & Kurrikulum

HaMaKom is in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Nasionale Akademiese Standaarde (CAPS). In elke vakgebied voldoen HaMaKom aan die standaarde van die Kurrikulum en Assesseringsbeleidsverklaring (CAPS). HaMaKom verbreed studentekennis om te verseker dat ons studente ‘n goeie onderrig basis verkry.

Wat sê ons ouers…

HaMaKom: Die plek waar my kind na ‘n lae selfbeeld en moedeloosheid weer homself ontdek het en van binne na buite blom, en nou wéét: Hy kan!! HaMaKom Ouer

HaMaKom is nie net nog ‘n skool nie. Hulle het werklik daarin geslaag om ‘n ware leer-omgewing te skep. Die bekwame en passievolle personeel verseker dat ware leer kan plaasvind in ‘n ontspanne huislike atmosfeer. Elke kind word gestimuleer tot ontwikkeling om die volheid van God se skeppingsdoel in hulle lewens te volbring. Ek en my gesin is dankbaar vir die voorreg om ‘n pad met HaMaKom skool te kan stap. Ons kinders is veilig en ons kan die HaMaKom personeel waarlik ons vriende noem. HaMaKom Ouer

HaMaKom is baie meer as ‘n plek van onderrig. Dis ‘n skool met waardes, onvoorwaardelike liefde vir ons kinders en onderwysers wat omgee.
Kan net aan God al die eer gee vir die voorreg wat ons het om ons kinders daar te kon plaas.
Dankie vir die span van HaMaKom vir hulle uitmuntende skool. HaMaKom Ouer

KONTAK ONS

Portion 542 of portion 359
Farm Krokodildrift West 446
Brits
Noord-Wes

066 411 0909  Virtuele Opedag

ONS SKOOL

HaMaKom Private School

HaMaKom Private School, Portion 542 of portion 359, Farm Krokodildrift West 446, Brits, 0250, South Africa